1. Aangesien julle die troos in Christus ondervind het, die aansporing deur die liefde, die gemeenskap deur die Gees, die innige meegevoel en meelewing —
2. maak dan nou my blydskap volkome deur eensgesind te wees: een in liefde, een van hart, een in strewe.
3. Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.
4. Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander.
5. Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was:
6. Hy wat in die gestalte van God was,het sy bestaan op Godgelyke wysenie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie,
7. maar Hy het Homself vernederdeur die gestalte van 'n slaaf aan te neemen aan mense gelyk te word.En toe Hy as mens verskyn het,
8. het Hy Homself verder verneder.Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis.
9. Daarom het God Homook tot die hoogste eer verhefen Hom die Naam gegee wat bo elke naam is,
10. sodat in die Naam van Jesus elkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is,die knie sou buig,
11. en elke tong sou erken:“Jesus Christus is Here!”tot eer van God die Vader.
12. My geliefdes, julle was altyd gehoorsaam wanneer ek by julle was. Des te meer moet julle gehoorsaam wees nou dat ek nie daar is nie. Julle moet julle met eerbied en ontsag daarop toelê om as verloste mense te lewe,