8. “Tog sal Ek party dit laat oorleef, Ek sal party van julle aan die swaard laat ontkom wanneer julle oor baie lande onder die nasies verstrooi word.
9. Dié van julle wat ontkom het, sal My onthou daar waar hulle ballinge geword het tussen die nasies. Die ballinge sal onthou hoe Ek in my eer aangetas is deur hulle ontroue gesindheid wat hulle van My af laat wegdraai het agter hulle afgode aan en 'n weersin in hulleself kry oor die bose optrede, oor al hulle afskuwelike dade.
10. Hulle sal besef dat Ek die Here is en dat Ek nie verniet gesê het dat Ek hierdie onheil oor hulle sal bring nie.”
11. So sê die Here my God: “Slaan jou hande inmekaar, stamp met jou voete, kerm oor al die bose, afskuwelike dade van Israel: hulle gaan sterf deur oorlog, deur hongersnood, deur pes.