4. Ek gooi jou op die grond,Ek slinger jou die veld in,Ek laat al die voëls op jou kom sit,Ek laat die roofdiere hulle vol vreet aan jou.
5. Ek sit jou vleis op die berge neer,Ek maak die valleie daarmee vol.
6. Met jou bloed wat op die berge uitgeloop het,deurweek Ek die grond;selfs die spruite word vol van jou bloed.
7. Wanneer Ek jou tot niet maak, maak Ek die hemel toeen laat Ek die sterre se lig nie deurkom nie,Ek maak die son toe met 'n wolk,en die maan sal nie skyn nie.
8. Ek laat al die hemelliggame treur oor jouen maak dit donker op die aarde,sê die Here my God.
9. “Wanneer Ek jou ondergang bekend laat word onder nasiesin lande waarvan jy nie eens geweet het nie,sal Ek al die volke ontsteld laat raak.
10. Ek laat al die volke verskrik staanoor wat met jou gebeur;hulle konings se hare sal rys oor wat met jou gebeurwanneer Ek voor hulle oë my swaard swaai.Hulle sal sidder van angs oor hulle eie lewensdié dag wanneer jy tot 'n val kom.”