Esegiël 32:21-32 Afrikaans 1983 (AFR83)

21. Uit die graf sê die magtige krygsmanneoor Egipte en sy helpers:‘Hulle is af graf toe, hulle lê by die eerloses,by dié wat gesneuwel het!’

22. Assirië en sy hele leërmag is daar.Rondom hom lê die grafte van sy mense,almal dood, afgemaai deur die swaard.

23. Sy grafte lê diep in die doderyk;rondom hom lê sy leërmag begrawe,almal dood, afgemaai deur die swaard,dié mense wat verskrikking gesaai hetin die land van die lewendes.

24. “Elam en al sy hordes is daar;hulle lê rondom hom begrawe,almal dood, afgemaai deur die swaard.Dié mense wat eerloos af is na die doderyk toe,is die mense wat verskrikking gesaai hetin die land van die lewendes.Nou dra hulle hulle vernederingsaam met dié wat reeds dood is.

25. Elam het sy plek gekry tussen die dooies,met die grafte van al sy hordes rondom hom,almal eerloos afgemaai deur die swaard.Hulle het verskrikking gesaai in die land van die lewendes,maar nou dra hulle hulle vernederingsaam met dié wat reeds dood is;hulle het tussen die dooies beland.

26. “Mesek-Tubal en al sy hordes is daar;hulle grafte lê rondom syne;almal is eerloos deurboor met die swaard.Hulle het verskrikking gesaai in die land van die lewendes,

27. maar hulle lê nie by die krygsmannewat eervol gesneuwel het nie,dié wat af is doderyk toe met hulle wapens,wie se swaarde onder hulle koppe gesit isen wie se skilde oor hulle bene lê.Mesek-Tubal en sy hordes het verskrikking gesaaiin die land van die lewendes.

28. “Jy kom saam met die eerloses tot 'n einde, Egipte,jy moet by dié wat deur die swaard afgemaai is, gaan lê.

29. “Edom, sy konings, al sy regeerders is daar;ten spyte van hulle mag het hulle belandby dié wat afgemaai is deur die swaard;hulle lê by die eerloses, by dié wat reeds dood is.

30. “Die vorste van die noorde is daar,hulle almal en al die Sidoniërs.Dié mense wat met hulle mag verskrikking gesaai het,het die neerlaag gelyen lê eerloos by dié wat afgemaai is deur die swaard;hulle dra hulle vernedering saam met dié wat reeds dood is.

31. “Wanneer die farao hulle sien,sal dit vir hom 'n troos weesas hy dink aan al sy hordes wat gesneuwel het,die farao met sy hele leër,”sê die Here my God.

32. “Ek het hom toegelaat om verskrikking te saaiin die land van die lewendes,maar nou moet hy tussen die eerloses gaan lê,by dié wat gesneuwel het,hy, die farao, en al sy hordes,”sê die Here my God.

Esegiël 32