Esegiël 28:13-20 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. jy is uitgebeeld in die godetuin Eden,omring deur kosbare edelstene:karneool, topaas, jaspis,chrisoliet, oniks, opaal,saffier, turkoois, smarag,en die reliëfwerk aan jou was van goud.So is jy gemaak die dag toe jy geskep is.

14. Jy is uitgebeeld as die gerubwat met uitgestrekte vlerke moes waghou,Ek het jou die opdrag gegee.Jy was op die heilige godeberg,daar het jy rondgestap tussen glinsterende edelstene.

15. Jou optrede was onbesproke vandat jy geskep istotdat jy begin onreg doen het.

16. Jou uitgebreide handelsbedrywigheidhet geweld deel van jou lewe gemaaken jou laat sondig.“Daarom het Ek jou verstoot van die godeberg af,Ek het jou, gerub wat moes waghou,tussen die glinsterende edelstene uit verwyder.

17. Jou prag het jou hooghartig laat word,jou stralende glans het jou jou wysheid laat verloor.Ek het jou op die grond gegooi,jou daar voor ander konings laat lêdat hulle jou kon bekyk.

18. “Met jou baie oortredings, met die onreg in jou handel,het jy jou heiligdomme ontwy.Daarom het Ek 'n vuur uit jou laat komwat jou verteer het.Ek het jou 'n hopie as op die grond laat wordvoor die oë van almal wat toegekyk het.

19. Almal onder die volke wat jou geken het,is skrikbevange oor wat met jou gebeur het.Jy het 'n afskrikmiddel vir ander geword,dit is vir altyd klaar met jou.”

20. Die woord van die Here het tot my gekom:

Esegiël 28