Esegiël 26:12-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

12. Hulle sal jou besittings plunder, jou handelsware buitmaak, jou mure afbreek, jou mooi huise verwoes en jou klippe, jou hout, selfs jou grond, in die see gooi.

13. “So gaan Ek 'n einde maak aan jou luidrugtige liedere; die klank van jou liere sal nie meer gehoor word nie.

14. Ek maak jou 'n kaal klipplaat. Jy sal nog net 'n plek wees waar visnette droog gemaak word. Jy sal nie herbou word nie. Ek, die Here, het gepraat,” sê die Here my God.

15. So sê die Here my God vir Tirus: “Gaan die eilande nie bewe wanneer hulle die gedreun van jou val hoor nie, die gekreun van jou gewondes, wanneer hulle verneem van die slagting wat in jou gaan plaasvind?

16. Al die regeerders aan die see sal van hulle trone afklim, hulle mantels afgooi, hulle spogklere uittrek en skrikbevange op die grond gaan sit. Hulle sal aanhou bewe van ontsetting oor jou.

17. Hulle sal 'n treurlied oor jou sing en vir jou sê:“Hoe het jy dan aan jou end gekom, beroemde stad,jy wat bevolk is van oor die see,jy wat magtig op die see was,jy en jou inwoners,jy wat almal op see met skrik vervul het!

Esegiël 26