1. Maar toe sê Moses: “Sê nou die Israeliete glo my nie en hulle luister nie na my nie en hulle sê die Here het nie aan my verskyn nie?”
2. Toe vra die Here vir hom: “Wat het jy in jou hand?”“'n Kierie,” antwoord Moses.
3. “Gooi die kierie op die grond!” sê die Here vir hom.Toe hy dit op die grond gooi, word dit 'n slang, en Moses het daarvoor padgegee.