Eksodus 29:21-25 Afrikaans 1983 (AFR83)

21. Vat van die bloed op die altaar en van die salfolie en sprinkel dit op Aäron en sy klere, en op sy seuns en hulle klere. Dan sal hy en sy klere, en sy seuns en hulle klere gewy wees.

22. Vat die ram waarmee Aäron en sy seuns gewy word, se vet, die vetstert, die vet wat oor die binnegoed is, die punt van die lewer, die twee niertjies, die niervet en die regterboud,

23. asook 'n ringbrood, 'n oliekoek en 'n roosterkoek uit die mandjie wat jy na die heiligdom toe gebring het,

24. en sit dit alles op Aäron en sy seuns se hande dat hulle dit heen en weer beweeg as 'n beweegoffer vir My, die Here.

25. Vat dit dan uit hulle hande en verbrand dit op die altaar as 'n brandoffer, 'n vuuroffer wat Ek met graagte aanvaar.

Eksodus 29