Eksodus 28:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. “Jy moet jou broer Aäron en sy seuns Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar na jou toe laat kom uit die volk Israel uit en hulle aanstel om My as priesters te dien.

2. “Maak vir jou broer Aäron gewyde klere wat waardig en mooi is.

3. Jy moet al die knap manne vir wie Ek met vakmanskap bedeel het, aansê om vir Aäron klere te maak sodat hy gewy kan word om 'n priester in my diens te wees.

4. Hulle moet die volgende kledingstukke maak: 'n borssak, 'n skouerkleed, 'n mantel, geweefde priesterklere, 'n tulband en 'n serp. Dit is die gewyde klere wat vir jou broer Aäron en sy seuns gemaak moet word sodat hulle priesters kan wees in my diens.

Eksodus 28