Eksodus 25:15-23 Afrikaans 1983 (AFR83)

15. Die draaghoute moet in die ringe van die ark bly en mag nooit uitgehaal word nie.

16. In die ark moet jy die getuienis van die verbond sit wat Ek jou sal gee.

17. “Dan moet jy 'n deksel van suiwer goud maak, een en 'n kwart meter lank en 'n driekwart meter breed.

18. Maak twee gerubs van geslae goud op die kante van die deksel, een links en een regs.

19. Die gerubs aan weerskante van die deksel moet so gemaak word dat hulle 'n eenheid met die deksel vorm.

20. Hulle vlerke moet uitgesprei wees oor die deksel, sodat hulle dit bedek. Die gerubs se gesigte moet na mekaar toe wees, en hulle moet afkyk op die deksel.

21. Jy moet die deksel bo-op die ark sit en daarbinne die getuienis wat Ek jou sal gee.

22. “Dáár sal Ek jou ontmoet. Ek sal met jou praat van die deksel af tussen die twee gerubs uit wat op die ark met die getuienis is. Al my bevele vir die Israeliete sal Ek jou van daar af gee.”

23. “Jy moet 'n tafel van doringhout maak. Sy lengte moet een meter wees, sy breedte 'n half meter en sy hoogte 'n driekwart meter.

Eksodus 25