Eksodus 24:10-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. Hulle het die God van Israel gesien: onder sy voete was 'n plaveisel soos saffiersteen, so blou soos die hemel self.

11. God het geen hand teen die leiers van Israel gelig nie: hulle het Hom gesien en daarna het hulle geëet en gedrink.

12. Toe sê die Here vir Moses: “Klim nou die berg verder uit na My toe en vertoef daar dat Ek vir jou die plat klippe kan gee waarop Ek die wette en gebooie neergeskryf het vir die onderrig van die volk.”

13. Moses en sy assistent Josua is toe hoër teen die berg van God op.

14. Vir die leiers het Moses gesê: “Wag hier vir ons totdat ons na julle toe terugkom. Aäron en Hur is hier by julle: as iemand 'n probleem het, kan hy na hulle toe gaan.”

15. Terwyl Moses die berg uitklim, het 'n wolk dit omhul.

16. Die magtige teenwoordigheid van die Here het op Sinaiberg gebly, en ses dae het die wolk die berg omhul.Op die sewende dag het die Here uit die wolk uit na Moses geroep.

17. Die magtige teenwoordigheid van die Here het vir die Israeliete gelyk soos 'n gloeiende vuur op die berg.

Eksodus 24