Eksodus 2:19-25 Afrikaans 1983 (AFR83)

19. en hulle antwoord: “Daar was 'n Egiptenaar, en hy het ons gehelp teen die veewagters. Boonop het hy vir ons water geskep en die kleinvee laat suip.”

20. Toe vra die priester vir sy dogters: “Waar is hy? Waarom het julle die man daar laat staan? Gaan nooi hom huis toe om by ons te kom eet.”

21. Moses het ingewillig om by Reüel te kom woon, en is later met sy dogter Sippora getroud.

22. Toe sy 'n seuntjie kry, het Moses hom Gersom genoem, “want,” het hy gesê, “ek woon as vreemdeling in 'n vreemde land.”

23. Die jare het verbygegaan, en die koning van Egipte het te sterwe gekom, maar die Israeliete het nog steeds gesug en gekreun onder die swaar werk. Hulle geroep om hulp het tot God opgegaan.

24. God het hulle gekerm gehoor en aan sy verbond met Abraham, Isak en Jakob gedink.

25. Hy het die nood van die Israeliete gesien en dit ter harte geneem.

Eksodus 2