Eksodus 15:24-27 Afrikaans 1983 (AFR83)

24. Die volk het by Moses gekla: “Wat moet ons drink?”

25. Moses het die Here aangeroep, en die Here het hom 'n stuk hout gewys. Hy het dit toe in die water gegooi, en die water het soet geword.Daar het die Here die volk op die proef gestel en daar het Hy vir hulle 'n vaste reël neergelê.

26. Hy het gesê: “Julle moet goed luister na wat Ek, die Here julle God, sê! Julle moet doen wat reg is in my oë, gehoor gee aan my gebooie en alles doen wat Ek vir julle voorskryf. Dan sal Ek geeneen van die siektes waarmee Ek Egipte getref het, oor julle bring nie, want dit is Ek, die Here, wat julle gesond hou.”

27. Daarna het hulle by Elim aangekom met sy twaalf fonteine en sewentig palmbome en daar by die water kamp opgeslaan.

Eksodus 15