1. Toe het Moses en die Israeliete die volgende lied tot eer van die Here gesing:“Ek wil tot eer van die Here singomdat Hy hoog verhewe is.Perd en strydwahet Hy in die see geslinger.
2. Die Here is my kragen my beskerming.Hy het tot my redding gekom.Hy is my God, Hom roem ek,die God van my voorvaders,Hom prys ek.
3. Die Here is oorwinnaar in die stryd,sy Naam is ‘die Here’!
4. Die strydwaens van die farao en ook sy leërhet Hy in die see geslinger.Die keur van Egipte se offisiereis in die Rietsee gedompel.
5. Watermassas het hulle oordek,soos 'n klip het hulle in die dieptes afgesak.
6. U regterhand, Here, gedug in sy krag,u regterhand, Here, verpletter die vyand.
7. U is hoog verhewe,U vernietig wie teen U opstaan,U laat u toorn woed, dit verteer hulle soos kaf.
8. U wind het gewaai:die water dam op,strome staan regop soos 'n muur,watermassas stol in die hart van die see.