Die Openbaring 5:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. In die regterhand van Hom wat op die troon sit, het ek 'n boekrol gesien wat aan die voor- en aan die agterkant vol geskrywe was en wat met sewe seëls goed verseël was.

2. Toe het ek 'n sterk engel gesien wat met 'n harde stem uitroep: “Wie is waardig om die boek oop te maak deur die seëls daarvan te breek?”

3. Maar niemand in die hemel of op die aarde of onder die aarde was in staat om die boek oop te maak en daarin te kyk nie.

4. Ek het baie gehuil omdat daar niemand gekry is wat waardig was om die boek oop te maak en daarin te kyk nie.

5. Toe sê een van die ouderlinge vir my: “Moenie huil nie. Kyk, die Leeu uit die stam van Juda, die Afstammeling van Dawid, het die oorwinning behaal en kan die boek met die sewe seëls oopmaak.”

6. Toe het ek voor die troon wat omring was deur die vier lewende wesens, tussen die troon en die ouderlinge, 'n Lam sien staan, die Een wat geslag was. Hy het sewe horings en sewe oë gehad. Die sewe oë is die sewe Geeste van God, wat oor die hele aarde uitgestuur is.

7. Hy het toe gegaan en die boek ontvang uit die regterhand van Hom wat op die troon sit.

Die Openbaring 5