7. In die mate waarin sy gepronken in wellus gelewe het,in dié mate moet julle haar pyn en droefheid aandoen.Sy sê by haarself:‘Ek sit as koningin op my troon.Ek is nie weduwee nie, en treur sal ek nooit nie.’
8. Daarom sal al die plae haar op een dag tref:pes, droefheid en hongersnood.Sy sal met vuur verbrand word, want sterk is die Here God wat haar oordeel.”
9. Die konings van die aarde wat onsedelik met haar gelewe en hulle daarin verlustig het, sal huil en te kere gaan oor haar wanneer hulle die rook sien soos sy verbrand word.
10. Hulle sal ver weg staan uit vrees vir die pyniging wat haar aangedoen word, en sal sê:“Hoe vreeslik, hoe vreeslik!Die groot stad, Babilon, die sterk stad!In een oomblik het die oordeel oor jou gekom!”
11. Die sakemanne van die aarde huil en kerm oor haar, omdat daar niemand meer is om hulle goed te koop nie:
12. goue goed en silwergoed, edelstene en pêrels, fyn pers klere en helderrooi syklere, allerhande skaars soorte hout, allerhande dinge van ivoor en allerhande dinge van duur hout, van koper, van yster en van marmer,
13. kaneel en speserye, wierook, reukolie en reukwater, wyn en olyfolie, koring en meel, beeste en skape, perde, waens en slawe en selfs die lewens van mense.