Die Openbaring 18:15-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

15. Die sakemanne wat met hierdie goed handel gedrywe en so van haar ryk geword het, sal ver weg staan uit vrees vir die pyniging wat haar aangedoen word. Hulle sal huil en kerm

16. en sê:“Hoe vreeslik, hoe vreeslik!Die groot stad, uitgedos in fyn klere, pers en helderrooi,en opgetooi met goud, edelstene en pêrels!

17. In een oomblik is soveel rykdom verwoes!”Al die skeepskapteins en almal wat êrens heen vaar, die matrose en almal wat van die see lewe, het ver weg gestaan

18. en het geskreeu toe hulle die rook sien soos sy verbrand word. Hulle het gesê: “Watter stad kon met dié groot stad vergelyk word?”

19. Hulle het stof op hulle koppe gegooi en geskreeu. Hulle het gehuil en gekerm en gesê:“Hoe vreeslik, hoe vreeslik!Die groot stad!Almal wat skepe op see het,het ryk geword van haar skatte. In een oomblik is sy verwoes!”

20. Verheug jou daaroor, hemel, en julle, gelowiges, apostels en profete!God het die oordeelwaarmee sy julle getref het, oor haar voltrek.

21. Toe het 'n sterk engel 'n groot klip, so groot soos 'n meulsteen, gevat en dit in die see gegooi en gesê:“So, met geweld, sal Babilon,die groot stad,neergegooi word, en niemand sal hom ooit weer kry nie.

Die Openbaring 18