Die Openbaring 10:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Toe het ek 'n ander engel, 'n sterke, uit die hemel uit sien afkom. Hy het 'n wolk om hom gehad en 'n reënboog bokant sy kop. Sy gesig was soos die son en sy bene soos vuurpilare.

2. In sy hand het hy 'n oop boekie gehad. Hy het toe met sy regtervoet op die see en met sy linkervoet op die land gaan staan

3. en met 'n harde stem uitgeroep soos 'n leeu wat brul. Toe hy uitroep, het sewe donderslae geantwoord.

4. En toe die sewe donderslae praat, wou ek dit opskrywe, maar ek het 'n stem uit die hemel hoor sê: “Hou geheim wat die sewe donderslae gesê het; moet dit nie opskrywe nie.”

Die Openbaring 10