28. Maak vir my julle beamptes en al die leiers van julle stamme bymekaar sodat ek al hierdie woorde vir hulle kan sê en die hemel en die aarde as getuies teen hulle kan inroep.
29. Ek weet julle sal na my dood julle ondergang soek deur te verontagsaam wat ek julle beveel het. Wanneer julle in die toekoms doen wat verkeerd is in die oë van die Here, en Hom tart met wat julle doen, sal rampe oor julle kom.”
30. Toe het Moses hierdie lied, tot die laaste woord toe, aan die hele Israel wat daar bymekaar was, voorgehou: