Deuteronomium 27:5-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. Daar moet jy 'n klipaltaar bou vir die Here jou God. Jy mag die klip nie kap nie.

6. Jy moet die altaar vir die Here jou God bou van onbewerkte klip en daarop moet jy jou brandoffers aan die Here jou God offer.

7. Jy moet jou maaltydoffers offer en dit daar eet en bly wees in die teenwoordigheid van die Here jou God.

8. Jy moet hierdie hele wet duidelik leesbaar skryf op die klippe wat jy opstapel.”

9. Moses en die Levitiese priesters het vir die hele Israel gesê: “Bly stil en luister, Israel! Vandag het jy die volk van die Here jou God geword.

10. Jy moet na die Here jou God luister en jy moet lewe volgens die gebooie en die voorskrifte wat ek jou vandag beveel.”

Deuteronomium 27