13. Die volgende stamme moet op Ebalberg gaan staan: Ruben, Gad, Aser, Sebulon, Dan en Naftali. Hulle moet die straf aankondig.
14. “Die Leviete moet hardop vir die hele Israel sê:
15. “Daar rus 'n vloek op elkeen wat 'n afgodsbeeld uitsny of giet en dit in die geheim êrens neersit om te vereer. Die Here het 'n afsku daarvan. Dit is mensewerk.“Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen!’
16. “Daar rus 'n vloek op elkeen wat sy pa of ma minag.“Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen!’
17. “Daar rus 'n vloek op elkeen wat die grenslyn van sy buurman verlê!“Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen!’
18. “Daar rus 'n vloek op elkeen wat 'n blinde op 'n verkeerde pad lei!“Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen!’