Amos 5:15-27 Afrikaans 1983 (AFR83)

15. Julle moet haat wat verkeerd is,julle moet liefhê wat goed is,julle moet opkom vir die reg in die howe.Dan sal die Here die almagtige God Hom dalk ontfermoor wat daar van Josef oor is.

16. So sê die Here, die almagtige God, die Here:Die mense sal treur op al die oop ruimtes,hulle sal op al die strate sê: “Ag tog, ag tog!”Hulle sal die boere en die treursangers roepom saam te kom treur.

17. Daar sal ook in al die wingerde getreur word,want Ek gaan tussen julle deur om julle te straf,sê die Here.

18. Ellende wag vir dié wat smag na die dag van die Here!Waarom verlang julle na die dag van die Here?Dit sal donker bring, nie lig nie;

19. dit sal wees soos wanneer iemand vir 'n leeu vlugen 'n beer val hom aan,of soos wanneer iemand tuiskomen hy leun met sy hand teen die muuren 'n slang pik hom.

20. Die dag van die Here bring donker, nie lig nie,net duisternis, nie 'n ligstraal nie.

21. Ek haat, Ek verafsku julle feeste,Ek het niks aan julle feestye nie.

22. Al bring julle vir My brandoffers en graanoffers,dit is nie vir My aanneemlik nie,en Ek kyk nie eens na julle maaltydoffersvan vetgevoerde kalwers nie.

23. Gee pad voor My met die rumoer van jou gesing;Ek wil nie jou harpmusiek hoor nie!

24. Maar laat die reg en die geregtigheid te voorskyn kom,laat dit aanrol soos watergolwe, soos 'n standhoudende stroom.

25. Moes julle vir My die veertig jaar in die woestyndiereoffers en graanoffers bring, Israel?

26. Julle sal julle koning Sikkut en julle afgodsbeeld Kijun,dié stergode wat julle vir julle gemaak het,moet dra

27. wanneer Ek julle in ballingskap laat wegvoerver by Damaskus verby, sê die Here.Sy Naam is Almagtige God.

Amos 5