10. Hulle wat geweld en verwoesting in hulle mooi huise herberg,weet nie hoe om reg te doen nie, sê die Here.
11. Daarom, so sê die Here my God:'n Vyand sal die land inneem,hy sal jou vesting bo-op jou afbreek,jou mooi huise kaalstroop.
12. So sê die Here:Soos 'n skaapwagter twee pootjiesof 'n stukkie oor weggryp uit 'n leeu se bek,so sal die Israeliete weggegryp word,hulle wat in Samaria op rusbanke sit,op oorgetrekte gemakstoele!
13. Luister hierna, en lê getuienis af teen Jakob,sê die Here my God, die almagtige God!
14. Die dag as Ek Israel oor sy sondes straf,sal Ek die altare van Bet-El verwoes;die horings van sy altare sal afgebreek worden op die grond val.
15. Ek sal die winterhuis platslaansaam met die somerhuis,die huise met ivoorinleg sal vergaan,baie huise sal verdwyn, sê die Here.