1. Luister na die woord wat die Hereteen julle rig, Israeliete,teen al die stamme wat Hy uit Egipte laat trek het:
2. Ek het net vir julle uitgekies uit al die volke van die aarde,daarom sal Ek julle straf oor al julle sondes.
3. Sal twee saamloop as hulle dit nie afgespreek het nie?
4. Sal 'n leeu in die bos brul as hy niks het om te vreet nie?Sal hy in sy boerplek roep as hy nie gevang het nie?
5. Sal 'n voël in 'n wip op die grond valas daar nie 'n strik vir hom gestel is nie?Sal 'n wip op die grond toeklapas dit nie iets gevang het nie?
6. Sal daar in 'n stad op 'n ramshoring geblaas wordas die inwoners nie geskrik het nie?Sal daar 'n ramp oor 'n stad komas die Here dit nie gebring het nie?
7. Die Here God doen niks as Hy nie sy besluitbekend gemaak het aan sy dienaars die profete nie.
8. Die leeu het gebrul, wie sal nie bang wees nie?Die Here God het gepraat, wie sal nie as profeet optree nie?