Amos 2:2-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. Daarom sal Ek in Moab 'n vuur laat losbreeken dit sal die mooi huise van Kerijot verteer.Moab sal omkom onder oorlogsrumoer,onder die blaas van die ramshoring.

3. Ek sal sy regeerder uit hom wegvaten al sy amptenare saam met hom doodmaak, sê die Here.

4. So sê die Here:Selfs as Juda net drie keer sonde gedoen het,sou Ek sy straf nie herroep het nie.Maar nou het hy 'n vierde sonde daarby gevoeg:hulle het die wet van die Here verwerp,hulle nie aan sy voorskrifte gehou nieen toe het die vals gode hulle verlei,die afgode agter wie hulle voorvaders aangeloop het.

5. Daarom sal Ek in Juda 'n vuur laat losbreeken dit sal die mooi huise van Jerusalem verteer.

6. So sê die Here:Selfs as Israel net drie keer sonde gedoen het,sou Ek sy straf nie herroep het nie.Maar nou het hy nog sondes daarby gevoeg:hulle verkoop onskuldige mense vir geld,arm mense oor 'n paar sandale;

7. hulle trap swakkes se koppe plat in die gronden veronreg dié wat hulleself nie kan verweer nie;pa en seun kuier by dieselfde meisieen doen my heilige Naam oneer aan;

8. langs elke altaar strek die Israeliete hulle uitop klere wat as pand gevat is;in die huis van hulle Goddrink hulle die wyn van dié wat uitgebuit is.

Amos 2