Amos 1:3-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. So sê die Here:Selfs as Damaskus net drie keer sonde gedoen het,sou Ek sy straf nie herroep het nie.Maar nou het hy 'n vierde sonde daarby gevoeg:hy het vir Gilead met skerp ysters gemartel.

4. Daarom sal Ek in die paleis van Gasael 'n vuur laat losbreeken dit sal die mooi huise van Ben-Hadad verteer.

5. Ek sal die grendels van Damaskus stukkend breek,die inwoners van Bikat-Awenen die regeerder van Bet-Eden uitroei.Die Arameërs sal in ballingskap na Kir toe weggevoer word,sê die Here.

Amos 1