Amos 1:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die woorde van Amos, 'n skaapboer uit Tekoa. Hy het oor Israel 'n gesig gesien tydens die regering van koning Ussia van Juda en koning Jerobeam van Israel, seun van Joas. Dit het twee jaar voor die aardbewing gebeur.

2. Amos het gesê:Wanneer die Here uit Sion brul,wanneer Hy sy stem uit Jerusalem laat hoor,verdor die weivelde van die herdersen verdroog die top van Karmelberg.

3. So sê die Here:Selfs as Damaskus net drie keer sonde gedoen het,sou Ek sy straf nie herroep het nie.Maar nou het hy 'n vierde sonde daarby gevoeg:hy het vir Gilead met skerp ysters gemartel.

Amos 1