2 Samuel 22:1-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Dawid het die woorde van hierdie lied tot die Here gerig op die dag toe die Here hom gered het uit die mag van al sy vyande en uit die mag van Saul.

2. Die Here is my rots, my skuilplek en my redder,

3. my God, my rots, by wie ek skuil,my skild en sterk verlosser, my veilige vesting,my toevlug en bevryder.Van geweld het U my verlos.

4. Onder bespotting roep ek na die Here,dan word ek van my vyande gered.

5. Waarlik, golwe van die dood het my omsluit,strome van onheil het my verskrik.

6. Bande van die doderyk het my vasgetrek,strikke van die dood het my bedreig.

7. In my nood roep ek na die Here,ja, ek roep om hulp na my God.In sy paleis hoor Hy my geroep.Ek roep na Hom om hulp,en Hy luister na my.

8. Die aarde het geskud en gebewe,die fondamente van die hemel het getril en geskud,want Hy was vertoorn.

9. Rook het uit sy neus getrek,vuur uit sy mond het alles verteer,gloeiende kole uit sy binneste.

10. Hy het die hemel afgebuig en afgekom,onder sy voete was duisternis.

11. Hy het op 'n gerub geklim en gevlieg;op die vleuels van die wind het Hy verskyn.

12. Hy het Hom in donkerte gehul,donker waters en wolkemassas was sy bedekking.

2 Samuel 22