2 Samuel 1:6-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Hy het geantwoord: “Ek was heel toevallig op Gilboaberg. Daar merk ek toe dat Saul hom met sy spies om die lewe probeer bring, terwyl die Filistyne se strydwaens en hulle drywers kort op sy hakke was.

7. Saul het omgekyk en my gesien. Hy het my nader geroep en ek het gevra: ‘Wat kan ek vir u doen?’

8. Hy vra my toe: ‘Wie is jy?’ en ek antwoord: ‘'n Amalekiet.’

9. ‘Kom staan hier langs my en maak my dood,’ beveel hy, ‘want ek leef wel nog, maar my toestand is kritiek.’

10. Ek het toe nader gestaan en hom doodgemaak, want ek het besef dat hy, nadat hy homself probeer doodmaak het, nie sou bly lewe nie. Ek het die kroon van sy kop af gegryp, ook die armband van sy arm af, en dit vir u gebring.”

11. Hieroor was Dawid so ontsteld dat hy sy klere geskeur het, en al sy manskappe ook.

12. Hulle het tot die aand gerou en getreur en gevas oor Saul en sy seun Jonatan en oor die volk van die Here, die Israeliete, omdat hulle gesneuwel het.

13. Dawid het toe vir die jongman wat hom die berig gebring het, gevra: “Van waar is jy nou weer?”Hy het geantwoord: “Ek is nie 'n landsburger nie. Ek is 'n Amalekiet.”

14. Dawid het vir hom gesê: “Dus was jy nie bang om jou hand uit te steek en die gesalfde van die Here om die lewe te bring nie?”

15. Toe roep hy een van die manskappe en sê vir hom: “Kom hier! Maak hom dood!”Die manskap het hom toe doodgemaak.

16. Dawid het hom toegevoeg: “Jy het jou dood gesóék, want jy het jouself veroordeel toe jy gesê het: Dit is ek wat die gesalfde van die Here doodgemaak het!”

2 Samuel 1