34. Maar daar was te min priesters en hulle kon nie alleen al die offerdiere slag nie. Toe het hulle ampsgenote, die Leviete, hulle gehelp tot die werk klaar was en al die priesters hulleself gewy het, want die Leviete was pligsgetrouer met die wyding as die priesters.
35. Daar was boonop nog 'n groot aantal brandoffers en die vetgedeeltes van die maaltydoffers en die drankoffers wat by die brandoffers gebring moes word. So is die tempeldiens weer gevestig.
36. Hiskia en al die mense was bly oor wat God vir die volk beskik het, want die hele saak is vinnig afgehandel.