2 Kronieke 27:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Jotam was vyf en twintig toe hy koning geword het en hy het sestien jaar in Jerusalem geregeer. Sy ma was Jerusa, 'n dogter van Sadok.

2. Jotam het gedoen wat reg is in die oë van die Here en in alles die voorbeeld van Ussia, sy pa, gevolg, met dié verskil dat hy nie in die tempel van die Here oortree het nie. Die volk het egter met hulle afgodsdiens voortgegaan.

3. Jotam het die boonste poort van die tempel laat bou en baie bouwerk gedoen aan die Ofelmuur.

4. In die Judaberge het hy stede laat bou, en in die bosse skanse en forte.

5. Hy het in 'n oorlog teen die koning van die Ammoniete die oorwinning behaal, en die Ammoniete moes daardie jaar aan hom byna drie en 'n halwe ton silwer, sestien honderd en vyftig ton koring en dertien honderd en twintig ton gars betaal. Hulle moes dieselfde hoeveelhede die volgende en die daaropvolgende jaar betaal.

2 Kronieke 27