2 Kronieke 2:9-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

9. Hulle moet vir my groot hoeveelhede hout regmaak, want die tempel wat ek wil bou, moet groot en indrukwekkend wees.

10. Vir u arbeiders, die boswerkers wat die bome moet kap, sal ek die volgende voedselvoorrade lewer: drie duisend drie honderd ton koring, twee duisend ses honderd en veertig ton gars, vier honderd en veertig kiloliter wyn en vier honderd en veertig kiloliter olie.”

11. Koning Hiram van Tirus het Salomo soos volg skriftelik geantwoord: “Dit was 'n liefdesdaad van die Here aan sy volk dat Hy u koning oor hulle laat word het!”

12. Verder het Hiram geskrywe: “Geloof sy die Here die God van Israel, wat die hemel en die aarde gemaak het! Hy het aan koning Dawid 'n wyse seun gegee wat die verstandigheid en insig aan die dag lê om vir die Here 'n tempel te wil bou en vir homself 'n paleis.

13. Ek stuur hiermee 'n vakman met die nodige kennis, my meestervakman Hiram.

14. Hy is die seun van 'n vrou uit Dan, en sy pa is uit Tirus. Hy is vaardig in die bewerking van goud, silwer, brons, yster, klip, hout, pers en blou wol, linne en bloedrooi wol. Bowendien kan hy enige graveerwerk doen en in samewerking met u en u vader Dawid se vakmanne, enige ontwerp uitvoer wat aan hom voorgelê word.

2 Kronieke 2