Hy is die seun van 'n vrou uit Dan, en sy pa is uit Tirus. Hy is vaardig in die bewerking van goud, silwer, brons, yster, klip, hout, pers en blou wol, linne en bloedrooi wol. Bowendien kan hy enige graveerwerk doen en in samewerking met u en u vader Dawid se vakmanne, enige ontwerp uitvoer wat aan hom voorgelê word.