28. Die koning van Israel en koning Josafat van Juda is toe na Ramot in Gilead toe.
29. Die koning van Israel het vir Josafat gesê: “Ek gaan my vermom voor ek in die geveg betrokke raak. Hou jy jou koninklike gewaad aan.” Die koning van Israel het hom toe vermom en so die geveg ingegaan.
30. Die Aramese koning het die aanvoerders van sy strydwaens opdrag gegee: “Spits die geveg toe op die koning van Israel, moenie aan die ander aandag gee nie, klein of groot.”
31. Toe die aanvoerders van sy strydwaens vir Josafat sien, sê hulle: “Daar is die koning van Israel!” en hulle het op hom toegesak. Josafat het om hulp geroep, en die Here het hom gehelp. God het die aanval van Josafat af weggekeer.
32. Die aanvoerders van die strydwaens het gesien dit is nie die koning van Israel nie en het die agtervolging gestaak.
33. Iemand het egter losweg 'n pyl afgeskiet, en dié het die koning van Israel getref tussen die skubbe van sy harnas en die borsplaat.Hy sê toe vir sy drywer: “Ruk die perde om en bring my uit die geveg uit. Ek is gewond.”
34. Die geveg was dié dag egter so hewig dat die koning van Israel tot die aand toe op sy strydwa moes bly staan in die geveg teen die Arameërs. Teen laatmiddag is hy dood.