2 Kronieke 18:12-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

12. Die boodskapper wat vir Miga gaan roep het, het vir hom gesê: “Kyk, die uitspraak van die profete was eenstemmig gunstig vir die koning. Laat joune nou tog dieselfde wees. Sê iets goeds!”

13. Maar Miga sê: “So seker as die Here leef, wat my God vir my sê, dit sal ek sê!”

14. Toe hy by die koning kom, sê dié vir hom: “Miga, moet ons teen Ramot in Gilead gaan veg? Of moet ek dit laat staan?”“Gaan gerus,” antwoord Miga, “en mag dit goed gaan, mag die stad aan u oorgegee word.”

15. Maar die koning sê vir hom: “Hoeveel keer moet ek nog by jou daarop aandring dat jy vir my niks anders as die waarheid in die Naam van die Here moet sê nie!”

16. Toe sê Miga:“Ek het die hele Israel verstrooi op die berge gesiensoos skape wat nie 'n wagter het nie.Die Here het gesê: Hulle het nie 'n koning nie,laat hulle maar in vrede teruggaan, elkeen na sy huis toe.”

2 Kronieke 18