4. Anders, as daar Masedoniërs saam met my kom en hulle sien julle is nog nie gereed nie, sal ons ons skaam oor ons vertroue in julle — om nie eens te praat van julle eie skaamkry nie.
5. Daarom het ek dit noodsaaklik geag om die broers aan te spoor om vooruit na julle toe te gaan. Hulle moet die dankoffer wat julle vroeër beloof het, vooraf in orde bring. Dan sal dit daar gereed wees as 'n werklike offer van dankbaarheid, en nie as iets wat afgepers is nie.
6. Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes.
7. Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief.
8. En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk.
9. Daar staan ook geskrywe:“Hy deel uit en gee aan die armes;hy bly altyd vrygewig.”
10. God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat groei en julle vrygewigheid 'n ryk oes laat oplewer.