2 Konings 13:22-25 Afrikaans 1983 (AFR83)

22. Koning Gasael van Aram het Israel verdruk gedurende al die regeringsjare van Joahas.

23. Die Here was hulle genadig en het Hom oor hulle ontferm. Hy het Hom na hulle gewend ter wille van sy verbond met Abraham, Isak en Jakob. Hy wou hulle nie vernietig nie; Hy het hulle tot nou toe nie verwerp nie.

24. Koning Gasael van Aram is oorlede. Sy seun Ben-Hadad het hom as koning opgevolg.

25. Joas seun van Joahas het van Ben-Hadad seun van Gasael die stede teruggewen wat Ben-Hadad in die oorlog afgevat het van Joas se pa. Drie maal het Joas vir Ben-Hadad verslaan en Israel se stede herower.

2 Konings 13