1 Samuel 11:13-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. Maar Saul het gesê: “Op 'n dag soos dié mag niemand doodgemaak word nie, want vandag het die Here uitkoms gegee in Israel.”

14. Toe sê Samuel vir die manskappe: “Kom ons gaan na Gilgal toe en bevestig daar opnuut die koningskap.”

15. Al die manskappe is toe na Gilgal toe, en daar in Gilgal het hulle voor die Here aangekondig dat Saul koning is. Hulle het daar maaltydoffers voor die Here gebring, en Saul en al die manskappe van Israel was baie bly.

1 Samuel 11