8. Daarna moet jy voor my na Gilgal toe gaan en ek sal later kom om brandoffers te offer en maaltydoffers te bring. Jy moet sewe dae wag tot ek by jou kom. Dan sal ek jou sê wat jy moet doen.”
9. Net toe hy omdraai om van Samuel af weg te gaan, het God Saul se gesindheid verander. Al hierdie tekens het op dié dag uitgekom.
10. Hulle het daar in Gibea gekom, en toe hy weer sien, kom 'n groep profete hom tegemoet. Die Gees van God het kragtig in hom gewerk, en hy het saam met hulle as profeet opgetree.
11. Almal wat hom voorheen geken het en nou gesien het hoe hy saam met die profete as profeet optree, het vir mekaar gevra: “Wat het met Kis se seun gebeur? Is Saul ook onder die profete?”
12. En iemand uit die omgewing het bygevoeg: “En waarvandaan kom hulle nogal?”Daarom het dit 'n spreekwoord geword: Is Saul ook onder die profete?