1 Kronieke 9:17-27 Afrikaans 1983 (AFR83)

17. Die poortwagte was Sallum, Akkub, Talmon, Agiman en hulle ampsgenote. Sallum was die hoof

18. en is dit nou nog by die oostelike koningspoort. Hulle was voorheen poortwagte by die Levitiese kwartiere.

19. Sallum seun van Kore, seun van Abiasaf, seun van Korag, en sy verwante uit sy familie die Koragiete was verantwoordelik vir die dienswerk van die drumpelwagte by die tent, net soos hulle vaders wagte was by die ingang tot die kamp van die volk van die Here.

20. Vroeër was Pinehas seun van Eleasar hoof oor hulle. Die Here was by hom.

21. Sagaria seun van Meselemja was wag by die ingang van die tent van ontmoeting.

22. Dié wat as poortwagte uitgesoek is, was altesaam twee honderd en twaalf. Hulle is in die register opgeneem volgens hulle nedersettings. Dit is hulle wat nog deur Dawid en die siener Samuel in hulle amp benoem was.

23. Hulle en hulle opvolgers was die wagte by die poorte van die huis van die Here, die tenthuis.

24. Daar was wagte by die poorte in elkeen van die vier windrigtings: oos, wes, noord en suid.

25. Hulle ampsgenote het in hulle eie nedersettings gebly en het hulle telkens sewe dae volgens 'n vaste program kom bystaan.

26. Die vier hoofwagte was Leviete en was amptelik in bevel van die poortwagte. Hulle was ook verantwoordelik vir die kamers en die voorrade van die tempel.

27. Hulle moes in die omgewing van die tempel slaap, want hulle was verantwoordelik vir die bewaking van die tempel en moes dit elke môre oopsluit.

1 Kronieke 9