20. het hulle hulp ontvang en is die Hagareërs en al hulle bondgenote aan hulle onderwerp. Hulle het God in die stryd aangeroep en Hy het hulle verhoor omdat hulle hulle vertroue in Hom gestel het.
21. Aan vee het hulle vyftig duisend kamele gebuit, twee honderd en vyftig duisend stuks kleinvee en twee duisend donkies, en hulle het ook nog honderd duisend gevangenes weggevoer.
22. Daar het bowendien baie mense gesneuwel, want dit was 'n oorlog wat deur God gevoer is. Hulle het toe die verowerde gebied bewoon tot met die ballingskap.
23. Die halwe Manassestam het gewoon in die streek van Basan af tot by Baäl-Hermon en Senir en Hermonberg. Hulle was baie.
24. Hulle familiehoofde was die volgende: Efer, Jisi, Eliël, Asriël, Jeremia, Hodauja en Jagdiël, almal vermoënde en gesiene manne wat leiers van hulle families was.
25. Maar hierdie stamme was ontrou aan die God van hulle voorvaders en het oorgeloop na die gode van die landsbevolking wat ter wille van hulle deur God uitgeroei is.
26. Daarom het die God van Israel vir koning Pul van Assirië, dit is Tiglat-Pileser, aangehits, en dié het hulle as krygsgevangenes weggevoer. Hy het die Rubeniete, die Gadiete en die halwe Manassestam verplaas na Galag, Gabor, Hara en die Gosanrivier, waar hulle nou nog is.