1 Kronieke 26:10-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. Die seuns van Gosa, van die Merarigroep, het Simri as hoof gehad. Hy was nie die oudste nie, maar sy vader het hom as hoof aangestel.

11. Die tweede was Gilkija, die derde Tebalja, die vierde Sagaria. Gosa het dertien seuns en broers gehad.

12. Hierdie afdelings poortwagte, ingedeel volgens die manlike familiehoofde, het diens gedoen saam met hulle ampsgenote wat vir die huis van die Here moes sorg.

13. Oud en jonk het op gelyke voet aan die loting vir elke poort deelgeneem volgens hulle families.

14. Die lot vir die oospoort het op Meselemja geval. Toe hulle vir sy seun Sagaria, die verstandige raadgewer, die lot werp, is hy vir die noordpoort geloot.

15. Die suidpoort is toegewys aan Obed-Edom, en die voorraadgebou aan sy seuns.

1 Kronieke 26