2. Die seuns van Asaf, naamlik Sakkur, Josef, Netanja en Asarela, was onder leiding van Asaf wat as profeet in diens van die koning opgetree het.
3. Die seuns van Jedutun, naamlik Gedalja, Seri, Jesaja, Simi, Gasabja en Mattitja, was al ses onder leiding van Jedutun, hulle pa, wat met begeleiding van die lier as profeet opgetree het in die dank en die lof aan die Here.
4. Die seuns van Heman was Bukkija, Mattanja, Ussiël, Subael, Jerimot, Gananja, Ganani, Eliata, Giddalti, Romamti-Eser, Josbekasa, Malloti, Hotir en Magasiot.
5. Hulle almal was seuns van Heman, die siener van die koning in godsdienstige sake, en hulle het hom groot aansien verleen. God het aan Heman veertien seuns en drie dogters gegee.