1 Kronieke 22:9-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

9. Jy gaan 'n seun hê wat 'n man van vrede sal wees, want Ek sal hom rus gee van al sy vyande rondom hom. Daarom sal sy naam Salomo wees: Ek sal vrede en kalmte aan Israel gee tydens sy regering.

10. Hy sal vir my Naam 'n huis bou. Hy sal vir My 'n seun en Ek vir hom 'n vader wees. Ek sal die troon van sy koninklike heerskappy oor Israel altyd stewig laat staan.’

11. “Mag die Here dan nou by jou wees, my seun, en jou voorspoed gee dat jy die huis van die Here jou God kan bou soos Hy beloof het dat jy sal doen.

12. Mag die Here jou tog net verstand en insig gee en die nodige opdragte in verband met Israel, dat jy die wet van die Here jou God kan nakom.

1 Kronieke 22