1 Kronieke 22:6-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Daarna het hy sy seun Salomo geroep en hom voorskrifte gegee oor die bou van 'n huis vir die Here die God van Israel.

7. Hy het vir Salomo gesê: “My seun, ek was van gedagte om 'n huis vir die Naam van die Here my God te bou,

8. maar die woord van die Here het tot my gekom en gesê: ‘Jy het bloed in strome laat vloei en groot oorloë gevoer. Jy mag nie vir my Naam 'n huis bou nie, want jy het voor my oë te veel bloed op die aarde laat vloei.

9. Jy gaan 'n seun hê wat 'n man van vrede sal wees, want Ek sal hom rus gee van al sy vyande rondom hom. Daarom sal sy naam Salomo wees: Ek sal vrede en kalmte aan Israel gee tydens sy regering.

1 Kronieke 22