22. Dawid sê toe vir hom: “Laat my die plek met die dorsvloer kry. Ek wil daarop vir die Here 'n altaar bou. Laat my dit kry vir die volle waarde daarvan, dat die plaag kan wegkom van die volk af.”
23. Arauna het vir Dawid gesê: “U kan dit gerus maar vat, U Majesteit; doen wat u goedvind. Ek gee ook nog die beeste vir die brandoffer, die dorsslee vir hout en die koring vir die graanoffer. Ek gee alles.”
24. Hierop het koning Dawid vir Arauna gesê: “Nee, ek koop dit beslis van jou vir die volle waarde. Ek kan nie van wat joune is vir die Here bring nie. Ek bring nie 'n brandoffer wat my niks kos nie.”
25. Dawid het aan Arauna byna sewe kilogram goud vir die plek betaal
26. en daar 'n altaar vir die Here gebou. Hy het brandoffers en maaltydoffers gebring en die Here aangeroep. Die Here het hom geantwoord deur vuur uit die hemel op die brandofferaltaar af te stuur.