3. Hy het aan elke Israeliet, man en vrou, 'n ringbrood, 'n bietjie dadels en 'n tros rosyntjies laat uitdeel.
4. Hy het ook van die Leviete aangewys om voor die ark van die Here diens te doen. Hulle moes die Here die God van Israel roem, loof en prys.
5. Asaf was die leier, Sagaria was tweede in bevel. Verder was daar Jeïel, Semiramot, Jegiël, Mattitja, Eliab, Benaja, Obed-Edom en Jeïel, almal met harpe en liere. Asaf het die simbale geslaan.
6. Die priesters Benaja en Jagasiël het aanhoudend op die trompette geblaas voor die verbondsark van God uit.