1 Konings 8:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Daarna het Salomo die leiers van Israel, al die stamhoofde en die Israelitiese familiehoofde, by hom in Jerusalem bymekaargeroep om die verbondsark van die Here uit die Dawidstad, Sion, te laat uitbring.

2. Al die manne van Israel het op die feesdag in die maand Etanim, die sewende maand, by koning Salomo vergader.

3. Nadat al die leiers van Israel gekom het, het die priesters die ark opgetel

4. en die ark, die tent van ontmoeting en al die toebehore van die heiligdom wat in die tent was, gedra. Die priesters en die Leviete het dit gedra.

5. Koning Salomo en die hele gemeente van Israel wat saam met hom voor die ark was, het soveel kleinvee en beeste geoffer dat dit nie getel of bereken kon word nie.

6. Toe het die priesters die verbondsark van die Here na sy plek toe gebring onder die vlerke van die gerubs in die binneste heiligdom van die tempel, dit is die Allerheiligste.

7. Die gerubs se vlerke was oopgesprei oor die staanplek van die ark. Hulle het die ark en sy draaghoute aan die bokant bedek.

41-42. “Luister ook na die vreemdeling wat nie uit u volk Israel is nie en, omdat hy gehoor het van u groot Naam, u mag en krag, selfs uit 'n ver land kom en na hierdie tempel toe bid.

1 Konings 8