1 Konings 7:27-31 Afrikaans 1983 (AFR83)

27. Hiram het tien waentjies van brons gemaak. Elke waentjie was twee meter lank, twee meter breed en een en 'n half meter hoog.

28. Die waentjies is soos volg gemaak:Hulle het sypanele gehad tussen die rame,

29. en op die sypanele en die rame was daar leeus, beeste en gerubs. Bokant en onderkant die leeus en die beeste was kransies in reliëf.

30. Elke waentjie het vier bronswiele gehad met brons-asse aan die vier voetstukke. Die waskom het gerus op staanders, gegiet met kransies aan die kante.

31. Die opening aan die binnekant van die bostuk was 'n halwe meter diep. Die opening was rond en was saam met die raamwerk daarvan 'n driekwart meter in deursnee. Daar was ook graveerwerk rondom die opening. Die sypanele van die waentjies was vierkantig, nie rond nie.

1 Konings 7