1. DIE spreuke van Salomo. ’n Wyse seun verbly die vader, maar ’n dwase seun is ’n bekommernis vir sy moeder.
2. Skatte deur goddeloosheid verwerf, bring geen voordeel nie, maar geregtigheid red van die dood.
3. Die Here laat die regverdige nie honger ly nie, maar die begeerlikheid van die goddelose stoot Hy weg.
4. Hy word arm wat met ’n trae hand werk, maar die hand van die vlytiges maak ryk.
5. Hy wat in die somer wegbêre, is ’n verstandige seun; hy wat vas slaap in die oestyd, is ’n seun wat skande maak.
6. Seëninge is daar op die hoof van die regverdige, maar die mond van die goddelose verberg geweld.
7. Die nagedagtenis van die regverdige is tot seën, maar die naam van die goddelose vergaan.
8. Hy wat wys van hart is, neem die gebooie aan, maar hy wat dwaas van lippe is, kom tot ’n val.
9. Hy wat in opregtheid wandel, wandel veilig, maar hy wat sy weë krom maak, word bekend.
10. Hy wat met sy oog knip, veroorsaak smart, en hy wat dwaas spreek, kom tot ’n val.